Shipping policy

Welkom by die familie! Ons weet jy’s excited om jou hande op jou order te kry! Om dinge smooth te laat hardloop regoor ons mooi Suid-Afrika, is hier alles wat jy moet weet oor hoe ons jou goedjies van ons suppliers af tot by jou deur (of locker) kry.

DELIVERY OPTIONS
Ons bied twee maniere om jou package te kry:

  • Pudo Locker (Sien hier vir locker locations). Ons supplier sal gebruik maak van Courier Guy se Pudo service. As jy hierdie opsie kies, gee asseblief die adres van die Pudo locker waar jy jou pakkie wil optel.
    NB! As jy 'n huisadres insit wanneer jy Pudo Locker kies, gaan ons jou moet kontak om jou naaste Pudo locker adres te kry.

  • Door Delivery. Ons supplier sal jou pakkie direk by jou huis kom aflaai. As jy hierdie opsie kies, gee asseblief die huisadres waar jy die delivery wil hê.
    NB! As jy 'n Pudo Locker adres insit vir hierdie option, gaan ons jou moet vra vir jou huisadres.

Let Wel: Ons sal jou help om 'n adres mismatch reg te maak, maar ons laat nie toe dat jy van delivery method verander (bv. van Door Delivery na Pudo) as die order klaar geplace is nie.

PROCESSING & DELIVERY TIMELINES
Note: Ons deliver net binne Suid-Afrika.
Ons glo aan eerlikheid bo "marketing fluff." Hier is die realistic timeline vir jou order:

  • Supplier Processing: Dit vat ons suppliers op average so 5–7 business days om jou order te pack en te ship. Hulle is oor die algemeen overachievers en ship baie keer gouer, maar laat asseblief toe vir hierdie window.
  • Courier Transit: Sodra die courier jou package het, vat die delivery gewoonlik so 1–3 business days.

TRACK JOU ORDER
Sodra jou order op pad is, sal jy 'n shipping confirmation email kry met jou tracking nommer. Jy kan dit gebruik om jou package te stalk (ons doen dit ook!) tot dit veilig by jou aankom.

DAMAGED OF VERLORE PACKAGES
As jou package daar aankom en dit lyk of dit tien rondtes met 'n rugby span gehad het, neem asseblief dadelik foto’s en kontak ons binne 24 uur na jou delivery by hoezit@kommin.co.za of +27 76 343 5364. Vir packages wat weggeraak het in transit, sal ons direk met die courier werk om die issue vir jou op te los.