Who Are We?
Wat beteken "kommin" dan nou rêrig? Vir party mense is dit “kommin” as jy vloek, rook of drink. Vir ander is dit mense met tattoos, of wat met sweetpakbroeke of kaalvoet in die winkels loop. Dis dalk iemand wat hul inkopies by ’n “verkeerde” winkel doen, of nie weet watter vurk om eerste te gebruik by ’n fancy restaurant nie. Of dalk — net dalk — is jy “kommin” omdat jy jou tale meng, kamp geniet, of met jou gekreukelde hemp by ’n braai opdaag en heeltemal gemaklik is daarmee.
Hier’s die ding: almal is kommin volgens iemand se definisie van die woord. Ons almal doen goed wat iemand anders dalk as weird kan sien. Maar weet jy wat? Dis presies daai goed wat jou uniek maak. Wat jou... jou maak. By Kommin.co.za sien ons nie “kommin” as iets sleg nie. Ons verkoop eenvoud. Weirdness. Egtheid. Ons glo as jy soms so 'n bietjie mal is, is jy eintlik net reg.
Nou hiermee sê ons nie jy moet jou slegte of ongesonde habits romanticize nie — as jy issues het, kry hulp, asb. Maar as jy so nou en dan 'n bietjie weird dans, random goed kwytraak, of ’n personality het wat dalk nie by 'n high society sal pas nie... dan sê ons:
Welcome. Jy’s onder jou mense.
Ons is almal maar 'n bietjie kommin — en dit is presies hoekom ons die lekkerste mense is.